Watervark (astrologie)

癸亥

Die Watervark (癸亥, guǐhài) is die 60ste en laaste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die 10de Hemelstam (癸, guǐ) – die element Water en Jin – met die 12de Aardtak (亥, hài), gesimboliseer deur die Vark (猪, zhū).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Watervarkjaar het in 1983 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 13 Februarie 1983 tot 1 Februarie 1984.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search